While searching for more news about the Shosholoza incident in Afrikaans, I also came across the following:
In short: In the shunting yard of Mariental in Namibia this morning a 12 year old girl was wounded to death and an unknown number of people injured when a passenger coach derailed. The train consisted of four passenger coaches, a goods wagon and four locomotives and was destined for Keetmanshoop. The train hardly started to move when the wagons detached from the locomotives, the driver realised and set back, he miscalculated the speed of the wagons and hit them, the impact deformed the coach and pulled it off the rail. More information will follow.7.12.2009 [b]Treinongeluk op Mariental eis die lewe van een persoon[/b] [url]http://www.republikein.com.na/politiek-en-nasionale/treinongeluk-op-mariental-eis-die-lewe-van-een-persoon.99063.php[/url] wrote:OMSTREEKS vieruur vanoggend is 'n 12-jarige meisie dood en ’n onbekende getal mense beseer toe ’n passasierswa van ’n trein op die rangeerwerf van Mariental ontspoor het.
Volgens beskikbare inligting was die trein met vier passasierswaens en 'n goederewa met vier lokomoetiewe op pad na Keetmanshoop. Die trein het skaars weggetrek toe waens losgekom met van die lokomotiewe. Die masjinis het dit agtergekom en begin terugstoot om die waens weer te haak. Hy moes hom misreken het met sy spoed of die waens was dalk nog aan die beweeg toe hy teen hulle gebots het.
Die geweld van die impak het die wa opgefrommel en van die spoor afgeruk. Die eerste inligting was dat die 12-jarige meisie dood is en passasiers beserings opgedoen het. Vier mense was nog vasgepen en noodreddingswerkers was besig om hulle te bevry. Die beseerdes is na die staatshospitaal op Mariental afgevoer.
’n Ondersoek deur TransNamib is onmiddellik van stapel gestuur. ’n Volledige verslag sal volg.
Have a look at the picture at the link in the quotation.